Die kerkraad het besluit om nie ‘n tradisionele almanak vir 2022 te laat druk nie. Daar word eerder deur die loop van die jaar 3-maandelikse pamflette gemaak (volg die skakel om die Oktober-Desember 2022-beplanning af te laai, of kom kry by die kerkkantoor). Die volledige groot almanak vir die hele jaar is wel ook op die webwerf beskikbaar in pdf-formaat wat tuis afgelaai en uitgedruk kan word. Dié almanak sal gereeld opgedateer word soos datums kan verander. Laai dit hier af.