Eredienste

Sondae tydens die kwartaal, asook vakansietye, Kersdag en Paassondag, word een diens om 09:30 gehou. Een Sondag per kwartaal word ’n Nagmaalsdiens gehou, sowel as op spesiale geleenthede soos Belydenisaflegging en Goeie Vrydag. Doopsondae is gewoonlik die eerste Sondag van ’n maand, maar dit kan ook anders gereël word. Daar word tydens skoolkwartale Sondae koffie en tee bedien by die Koinonia Kafee waar ons lekker saamkuier ná die erediens.

Babakamer

Kinders van alle ouderdomme is welkom in ons erediens! Hulle is geliefd deur die Here en deel van ons gemeente. Ouers wat dit egter verkies, is welkom om van ons ingerigte babakamer gebruik te maak waar hulle die erediens kan volg via klank en skerm.

Gr. R-10

Kategese vir Gr. R-10 vind om 09:30 as deel van die erediens plaas en gesinne woon saam die erediens by met geleentheid vir kinders om na die tyd te gesels. Voorskoolse kinders neem soggens ‘n knypbord by die ingang met ‘n groen sakkie en kan by ouers in die banke gaan sit, by die tafeltjies of in die “wiggle room”, junior laerskoolkinders (Gr. RR-2) neem ‘n knypbord met ‘n blou sakkie en laerskoolkinders (Gr. 3-6) neem ‘n knypbord met ‘n swart sakkie en gaan sit in die banke by hul ouers of by die tafeltjies. Tieners (Gr. 7-12) neem ‘n knypbord met ‘n deurskynende sakkie en gaan sit saam met hul ouers in die banke.

Gedurende die skoolkwartale is daar een keer ‘n maand Familie Kategese na afloop van die erediens waar ouers saam met hul kinders saal toe gaan om verder saam te speel en te gesels. Daar word ook gereeld spesiale geleenthede (“UIT”-Sondae) gereël waar die laerskoolkinders die erediens saam met hul ouers begin, maar dan uitgestuur word na die saal om iets anders in die eredienstyd te doen. Spesiale geleenthede vir die tieners word elke kwartaal gereël deurdat hulle ‘n Tieners-Tools-Aandreeks kan bywoon wat oor ‘n paar weke strek en tussen 17:30 en 19:00 in die leeskamer plaasvind.

Maak dus asseblief seker om via die meegaande skakel te registreer sodat alle inligting, reëlings en datums ontvang kan word.

Koshuisbediening

Ons gemeente neem verantwoordelikheid vir die kategese vir meisies in Huis Bloemhof, koshuis van Hoër Meisieskool Bloemhof. Gedurende die week kom vrywilligers byeen met die onderskeie grade se omgeegroepe in die koshuis. Ons doen ook belydenisvoorbereiding in die week met die Huis Blomhof-meisies wat ver van die huis af is.