Musiek
Orrelis
Sedert 2010 beklee Winand Grundling die pos as orrelis. Hy is die ontvanger van verskeie toekennings en beurse. Sy orreluitvoerings en verwerkings oes altyd hoë lof in. Ongeag die troebel tye wat sommige ander gemeentes en orreliste ten opsigte van kerkmusiek beleef, is dit glad nie in ons gemeente die geval nie.
Orreluitvoerings en konserte vind op ’n gereelde basis in ons gemeente plaas. Daar is al na ons orrel verwys as die Rolls-Royce van die dorp. Die omvangryke herstel van die orrel in 2014 verseker dat hoogstaande orreluitvoerings en begeleiding in die toekoms steeds sal kan plaasvind. Die totale koste van die herstel was R128 800. Kontak Winand Grundling by grundling15@yahoo.com / 082 063 1809.