Barmhartigheidsvennote
Hoe raak ek betrokke by instansies buite die gemeente om my dissipelskap uit te leef? Die Barmhartigheidsaksie bestuur die gemeente se betrokkenheid by die onderstaande organisasies. Ons probeer behoeftes aanspreek deur deurlopende hulp, projekte en die verantwoordelike bestuur van skenkings en donasies. Gemeentelede verteenwoordig die onderstaande organisasies. Die voorsitter is Leon Cronje en die koördineerder is Rina van den Heever. Kontak haar by 021 886 5975 of ontvangs@stelwel.co.za.
ACVV
ACVV bied maatskaplike dienste en bemagtigingsondersteuning aan talle mense wat in nood is: kinders, bejaardes, gestremdes, individue en gesinne. Die ACVV bestuur ’n crèche en pre-primêre skool en bedryf ’n winkel met tweedehandse klere en produkte vir aanvulling van fondse. Ons verteenwoordiger is Belinda Mostert:mostertswab@gmail.com. Die ACVV se nommer is 021 883 3015.
ABBA
ABBA (deel van Badisa, die NG Kerk en VGK se bediening vir barmhartigheid). By ABBA word rolspelers gemobiliseer om middelafhanklikheid (alkohol- en dwelmmisbruik) te voorkom en te behandel. Gesinne wat geraak word, word ondersteun. Behandeling word by twee sentrums, Ramot en Toevlug, gegee. Ons verteenwoordiger is Betta Augustyn (betta@stellemploy.org). ABBA Stellenbosch se nommer is 021 883 8030.
Huis Horison
Huis Horison is ’n tehuis in Stellenbosch waar verstandelik-gestremde persone lewenslank gehuisves en versorg word. Die tehuis is grootliks afhanklik van die steun van die gemeenskap. Van ons lidmate het kinders in Huis Horison. Heelwat inwoners het nie ouers of ander familie nie. Kom sluit aan by die Kring van Vriende van Huis Horison en help met projekte soos houtwerk, brei, naaldwerk, kaartjiesmaak, hekel, kralewerk en storieslees. Die verteenwoordiger is Anna-Marie Brand (082 327 0348 / annemarie_brand@yahoo.com). Huis Horison se nommer is 021 887 5080.
Nagskuiling
Nagskuiling bied oornaggeriewe aan hawelose mense teen ’n nominale bedrag. Voedsel en komberse word voorsien waar nodig. Nagskuiling se nommer is 021 886 6173 en hulle e-posadres is info@stellenboschnightshelter.co.za. Ons gemeenteverteenwoordiger is Marietjie Visagé mriki.visage@gmail.com.
Safe House
Safe House is ’n plaaslike skuiling vir mishandelde vroue en kinders en persone met krisisswangerskappe. Safehouse se nommer is 021 883 2574. Ons verteenwoordiger is Marie Neethling (marieneethling72@gmail.com).
Stellemploy
Stellemploy is ’n organisasie wat deur die kerke van Stellenbosch begin is om werkloosheid aan te spreek. Werkloses word hier in opleidingsprogramme bemagtig met vaardighede soos kommunikasie en geletterdheid, rekenaargebruik, tuinwerk, kookkursusse, elektrisiënwerk en motorwerktuigkundige werk. Die verteenwoordiger is Betta Augustyn: betta@stellemploy.org. Stellemploy se nommer: 021 886 6993.
Voedingsaksie
Voedingsaksie voorsien voedsel aan talle behoeftiges in ons gebied. Lidmate kan gevriesde sop vir Voedingsaksie na die kerk bring. Groente en droë bestanddele vir die maak van kos, asook brood, kan weeksoggende of Sondae na die kerk gebring word. Ons verteenwoordiger is Rina van den Heever: 021 886 5975 / ontvangs@stelwel.co.za. Voedingsaksie se nommer is 021 886 8986 en Liesel Koen is die projekbestuurder.
Tehuise vir Bejaardes
Ons poog om betrokke te wees by verskeie tehuise vir bejaardes in die Stellenbosch omgewing, hetsy met die aankoop van behoeftes en noodsaaklikhede, die bederf van die personeel of met Woordbediening.
Jamestown Sounds
Jamestown Sounds reik uit na die kinders van Jamestown en Cloetesville sodat soveel as moontlik kan leer om ’n musiekinstrument te bespeel of koor te sing. Die projek het ’n positiewe en verrykende uitwerking in die gemeenskap. Die verteenwoordigers is Karin Calitz (082 905 2888 / kbc@sun.ac.za).
Jeuguitreik
Jeuguitreik is ’n organisasie wat na kwesbare kinders omsien wat deur die hof van hul gesinne weggeneem word en na plekke van veiligheid geskuif word. Daar is plek vir 20 kinders wat by Jeuguitreik woon. Hulle het ook ’n “drop in” deel vir straatkinders en ander kwesbare kinders wat weeksdae daar kos kry en met huiswerk gehelp word. Jeuguitreik se nommer is 021 886 6216 en hul e-posadres is youthoutreach@webmail.co.za. Ons verteenwoordiger is Leon Cronje (leon.cronje@stelwel.co.za).
Paarl Hospitaal Neonatale Eenheid
Paarl hospitaal se neonatale eenheid vir vroeggebore babas in ons streek word deur ons ondersteun deur veral die maak van kombersies, lakens, klere en babasakke. Ons gemeente se verteenwoordiger is Mary Conradie: 072 286 5857 / maryc@tfdesign.co.za.
Internasionale Studentebediening
Internasionale Studentebediening reik uit na ’n groot groep internasionale studente op ons dorp sodat hulle vriendskap sal ervaar van die plaaslike gelowiges en blootgestel word aan die evangelie deur woord- en daadgetuienis. Die kontakpersoon is Magdaleen Goosen (082 427 2924) / goosens@isales.co.za.
Heartflow
Heartflow is ’n organisasie wat hulp, ondersteuning en bemagtiging bied aan werkloses en straatmense, asook weerlose kinders. Ons gemeente verkoop Heartflow koepons teen R10 elk by die kerkkantoor. Hierdie koepons kan gegee word aan persone op straat en kan geruil word vir ’n nag se slaap by Nagskuiling of vir ’n bord kos by Bergzichtplein. Kontak die kerkkantoor vir meer inligting (021 886 5975 / ontvangs@stelwel.co.za).
Getuienis
Ons gemeente het ’n lang verbintenis met August Basson wat vir baie jare sendeling in Lesotho was en tans meer konsultasiewerk vir Africa Inland Mission regdeur Afrika doen. Hy ontvang ons steeds op ons jaarlikse Lesotho uitreik tydens die September vakansie. Die uitreik is ‘n Tieneruitreik vir gr 8-12’s. Indien jy egter wil saamgaan of wil help, kontak Leon Cronje.
Tydens ons 2018 Lesotho uitreik het ons vir Ntsioua Temane ontmoet. Sy is die eerste sendeling wat vanuit Maphutseng gaan om in Afrika onder ’n onbereikte volksgroep te werk wat rondom die Malawi meer woon. Haar verhaal het ons aangegryp en ons ondersteun haar finansieel.
Tydens 2018 het Thys Visser van Geopende Deure ons weer kom herinner aan die vervolgde kerk en die nood aan Bybels. Hy het ons bekend gestel aan SWEET – ’n inisiatief van Geopende Deure waar atlete en ander sportmanne en sportvroue borge kan kry en ’n wedloop kan aanpak om geld in te samel en sodoende Bybels borg. Een van ons lidmate het die uitdaging aanvaar en aan die Origin of Trails veldwedloop in 2018 deelgeneem. Die volgende artikel verskyn in Geopende Deure se nuusbrief. In 2019 hardloop Charl en Leon Cronje die “Gun run” en samel amper R20 000 rand in vir Bybels vir die vervolgde kerk. Ons ondersteun Geopende Deure deur gebed en donasies.
Om oor hierdie en ons ander getuienisprojekte meer te wete te kom en in te skakel by die bediening, kontak vir Leon Cronje (021 886 5115 / leon.cronje@stelwel.co.za).