Bedieningsgeleenthede

Koinonia-bediening

Koinonia is die weerkaatsing van die diep gemeenskap van liefde wat ons vind by God drie-enig. Ons gemeenskap moet dus God drie-enig se liefde weerkaats en weerspieël. Ons kan nie ’n getuie wees van die liefde van Christus as ons dit nie in ons gemeente beliggaam nie. Die gemeente is die oefenruimte. Daarom is die Koinonia-bediening verantwoordelik vir die bou van verhoudinge binne in die gemeente. Ons wil oor generasies en alle grense heen na mekaar uitreik en mekaar aanvaar as geliefdes van die Here. Die erediens en Koinonia Kafee is sulke verhoudingsgeleenthede. Dan is daar ook kleingroepe en diensgroepe waar lidmate kan tuiskom. Ons weet almal se behoeftes verskil en lidmate ervaar Koinonia op verskillende plekke en maniere. Daarom poog die Koinonia-bediening om die gemeente ’n gasvrye ruimte vir almal te maak. Kontakpersoon: Leon Cronje (leon.cronje@stelwel.co.za / 071 686 9424).

Geloofsgroei

Geloofsgroei-byeenkomste word elke Woensdag in die kwartaal om 09:30 en 18:00 in die konsistorie aangebied. Hier word gesels oor wat ons glo met betrekking tot byvoorbeeld boeke van die Bybel, geloofsbelydenisse, geestelike lewe en lewensvaardighede. Enigeen kan enige tyd inskakel. Die byeenkomste word deur die leraars aangebied. Kontak die kerkkantoor by 021 886 5975 / skriba@stelwel.co.za.

Gebedsbediening

Gebedsversoeke kan deur lidmate en organisasies aan die kerkkantoor gestuur word. Kontak die kerkkantoor by 021 886 5975 of stuur ’n e-pos aan skriba@stelwel.co.za vir gebedsversoeke.

Diensgroepe

Donasies van klere en huisware kom na hierdie sentrale punt vanwaar dit uitgesorteer en uitgedeel word. Koördineerder Suzette Stiglingh suzettestiglingh@yahoo.com.

Kom knip en stik (elke tweede Donderdagoggend gedurende die skoolkwartale) hier by die kerk en gee iets terug aan die gemeenskap deur onder andere klere, komberse en ander produkte  te maak vir behoeftiges, premature babas en bejaardes. Organiseerder: Anette Cronje 021 886 5115.

’n Groep dames brei (tuis) beertjies, mussies en truitjies vir kinders, ook serpe, handskoene, kniekomberse, babaklere en ander gebruiksgoed vir verskeie welsynsprojekte. Die kerkkantoor het ’n voorraad wol en patrone. Kom haal gerus.
Gemeentelede maak beurte om blomme in die kerk te rangskik vir Sondae. Skakel die kerkkantoor 021 886 5975 of stuur ’n e-pos na ontvangs@stelwel.co.za as jy kan help.

Vrywilligers maak beurte om Sondae ná kerk tee en koffie te skink by ons Koinonia Kafee. Kontak die kerkkantoor 021 886 5975 of stuur ’n e-pos na skriba@stelwel.co.za as jy betrokke wil raak.

Vrywilligers maak beurte om die finansiële beampte in die kerkkantoor Maandae-oggende te help met die tel van Sondag se dankoffers. Skakel die kerkkantoor 021 886 5975 of stuur ’n e-pos na kassier@stelwel.co.za as jy wil help.

Lidmate dien as kerkraadslede wat as verteenwoordigers van die wyke of bedieninge optree en kwartaalliks vergader om besluite oor kerksake te neem.  Navrae: Leraars.

Verwelkom kerkgangers by die deure, deel kennisgewings uit, neem dankoffers op en bedien brood en wyn by nagmaalgeleenthede. Skakel die kerkkantoor 021 886 5975 of skriba@stelwel.co.za.

Dienswerk in wyke behels die uitdeel van inligtingstukke by huise en besoeke aan siekes, bejaardes en eensames in die wyk. Kontak die kerkkantoor 021 886 5975 of skriba@stelwel.co.za.

Die Gemeente is op verskillende maniere betrokke by ouetehuise en oorde waar ons lidmate het.  Om hier betrokke te raak, skakel die kerkkantoor 021 886 5975.

Ons het lidmate in die volgende tehuise en oorde vir seniors:

  • Azaleahof, Van Riebeeckstraat (021 887 0136).
  • Geluksoord tehuis vir verswakte bejaardes in Onder-Papegaaiberg. Seniele en Alzheimer pasiënte word ook in ’n spesiale afdeling versorg (021 887 3124).
  • La Clémence selfversorgingshuise vir seniors met Le Bonheur, sy gesondheidsorgsentrum, op die Webersvalleipad (021 888 9200).
  • Stellenoord, Onderpapegaaiberg (021 887 5409).
  • Langverwag, Uniedal (021 887 6879).
  • Paradyskloofvillas en sy gesondheidsorgsentrum, Die Palms, in Paradyskloof (021 808 1374).
  • Utopia tehuis vir bejaardes in Dorpstraat (021 887 6884).

Senior lidmate kom op ’n informele basis bymekaar, leer mekaar ken en verkeer gesellig saam. Interessante byeenkomste, uitstappies en kort toere word gereël. Kontak die kerkkantoor vir meer besonderhede by skriba@stelwel.co.za.

Die kerk het ’n goeie versameling geestelike boeke wat uitgeneem kan word (vir volwassenes en kinders). Die biblioteek is gedurende die kwartaal elke tweede Sondag ná kerk oop. Kontak Marianna Kritzinger by mari.krit@gmail.com / 021 883 3518.

Die organisering en bediening van eet- en drinkgoed ná eredienste, vergaderings, vir Pinksterdienste, Bybelnagte en die Gemeente-ete. Kom bied jou hulp aan by die kerkkantoor 021 886 5975 of skriba@stelwel.co.za.

Almal in die gemeente bo 70 word met ’n handgemaakte kaartjie gelukgewens met hul verjaarsdae. Daar word ook kaartjies vir jong lidmate gemaak wat Belydenis van Geloof gaan aflê. Sameroeper: Sarie Steyn 083 283 3987.

Lidmate wat lief is vir tuinmaak, kan help met aanplanting, raadgee en snoeiwerk in die kerktuin. As jy belangstel om te help, skakel die kerkkantoor by 021 886 5975 of stuur ’n e-pos na skriba@stelwel.co.za.

Ons groot Lentefees is elke jaar vroeg in September. Daar is altyd ’n tekort aan sameroepers. Ons hou ook ‘n Roosterkoekfees vroeër in die jaar en maak gedurende die jaar wegneem-etes op Vrydae as fondsinsamelingsprojekte. As jy wil help of enige oulike idees of kontakte het, skakel die kerkkantoor of stuur ’n e-pos na skriba@stelwel.co.za.