Van 0 tot 306 in 120 minute… dit is hoe vinnig ons formidabele vetkoekspan op Vrydag 16 Mei gewerk het vir ons Vrydagmiddagverkope! En as daar meer deeg was om te verwerk, sou dit ook verkoop het – die vraag was groot! Dankie aan elkeen wat ons Vrydagmiddagverkope ondersteun en so die Lentefeesfonds laat groei! Volgende op die spyskaart is kerrie & rys wat op Vrydag 20 Junie verkoop sal word. Hou ons kommunikasie-kanale dop vir meer inligting oor besteldatums en pryse.
