Ons beplan verskeie aandbyeenkomste vir die vierde kwartaal, onder meer luistergeleenthede en gespreksgeleenthede. Ons jeug se eie produksie, Uitverkorene, is een van hierdie aandbyeenkomste. Louis Jonker bied ook ‘n reeks van drie aande aan oor sy boek, ‘Defining All-Israel in Chronicles’. Dan besoek Geopende Deure ons ook een aand en is daar weer geleenthede om saam na mekaar te luister en te praat oor die pad waarop ons gemeente is. Laai die pamflet hier af en teken solank al die datums aan.