Ons soek gemeentelede wat bereid is om ABBA te ondersteun deur aansoek te doen vir “My School”-kaarte of ABBA by te voeg by die instansies wat bevoordeel word deur hul kaarte.

ABBA, die organisasie wat middel-afhanklikes en hulle families help en ondersteun, en die gevare van middelgebruik onder veral die jeug bekendmaak, doen aansoek by Woolworths om deel te word van die Myschool/Village/World kaart-projek.

Hulle benodig dringend 50 mense om aansoek te doen om te kwalifiseer. ABBA kry ‘n persentasie geld by Woolworths wanneer mense daar koop en die kaart gebruik. Die gebruik van ‘n Myschool/Village/World-kaart, het ook dikwels ‘n afslagvoordeel vir die koper.

Die vorm kan hier afgelaai word en aan ons gemeente se verteenwoordiger by ABBA, Lydia Burger, gestuur word by llb@sun.ac.za.