ACVV_LOGO-SmallDie ACVV het ‘n dringende tekort aan veral klere vir behoeftiges – veral kinderklere.  Alle tweedehandse goed wat in ‘n werkende toestand is, behalwe boeke en rekenaars  is welkom – meubels, kombuisware, alle huisware, komberse en gordyne, kussings, radio’s, ornamente in ’n goeie toestand en enige iets wat hulle in hulle tweedehandse winkeltjie kan verkoop. Fondse wat hier ingesamel word, word weer teruggeploeg in die behoeftige gemeenskap. Sommige produkte word ook direk deur maatskaplike werkers aan behoeftige mense gegee.

As jy ‘n groot hoeveelheid bruikbare goed in ‘n aanvaarbare toestand het wat jy op een slag wil skenk, kan dit ook by jou huis opgelaai word deur die ACVV.  Die kontakpersoon is hulle hoof, ‘n lidmaat by ons, Suzaan Brits. Haar nommer by die ACVV is 021 883 3015.

Skenkings kan gerus by die kerk afgelaai word, maar nog beter – sommer self na die ACVV gebring word. Hulle is in Merrimanlaan, skuins oorkant die taxi-staanplek en Van der Stelsportgronde. Skakel hulle net om te sê jy bring iets. In geval van meubels is daar nie altyd stoorplek nie – skakel eers om seker te maak hulle kan dit akkommodeer.