Na ’n afwesigheid van twee jaar, met 3-maandelikse mini-almanakke as plaasvervanger, is die almanak vir 2023 (in A4-formaat met ‘n duursame glansbuiteblad!) beskikbaar by die kerkkantoor om af te haal – slegs 1 per besoekpunt, asb. As jy dit in elektroniese formaat verkies, volg die skakel. Die nuutste Welgelegener met ‘n opsomming van die afgelope 3 maande se gemeentenuus, is ook beskikbaar – laai dit hier af of kom haal by die kerkkantoor.