Ons gemeente samel elke maand iets in wat by die deuroffers se maandtema pas. Januarie is ons tema die Jeug en daarom samel ons skryfbehoeftes in vir behoeftige kinders. Ons het ook ‘n pamflet saamgestel wat die hele jaar se temas en insamelings opsom. Jy kan self besluit by watter maande jy betrokke wil raak. Kliek hier om die pamflet af te laai met die volledige lys vir die jaar.