Baie, baie dankie aan elke lidmaat wat meegedoen het aan ons jaarlikse
- 12 kospakkies is gepak vir die sjefstudente wat binnekort afstudeer by Stellemploy.
- 3 kospakkies is geskenk vir behoeftige gesinne by Laerskool Eikestad.
- 5 inwoners by Molenhof het elkeen ‘n kospakkie ontvang.
- Die 3 werkers by die kerk het ook elkeen ‘n kospakkie gekry.
- By die behoeftige studente aan die Universiteit van Stellenbosch konsentreer ons op klein verpakkings, maar ook kos wat maklik en vinnig voorberei kan word, bv klein verpakkings tee, kitsnoedels, blikkies met vleis en klein pakkies mieliemeel.
- Vir Jeuguitreik, waar 20 kinders woon, en by Safehouse, met ‘n totaal van ongeveer 20 vroue en hul kinders, gee ons in grootmaat vir die bereiding van voedsel, maar ook konfyt, grondboontjiebotter en ander smere vir elke dag se toebroodjies. Ons vergeet ook nie dat kinders darem af en toe aan ‘n koekie wil smul nie!
- Nagskuiling, met sy 40 inwoners, word gehelp met grootmaat items soos pasta, rys, sopmengsel en blikkieskos vir die grootmaat voedselbereiding. Koffie, tee en smere vir brood is ook items wat hulle altyd nodig het.
- Die ACVV ondersteun talle behoeftige gesinne en bejaardes. Daarom konsentreer ons op items wat aan individue en gesinne uitgedeel kan word en nie grootmaat verpakking nie.
- Voedingsaksie, wat ongeveer 5 000 gebalanseerde maaltye per week by 60 voedingspunte aan behoeftige mense voorsien, kry die grootste persentasie van die ingesamelde voedsel. Kleiner verpakkings word ook geskenk, wat deur Voedingsaksie aan individue uitgedeel word.
- Deur die loop van Barmhartigheidsmaand is inbetalings ten bedrae van R8 900 gemaak. Daar is ook R5 000 bewillig uit die B-Aksie se fondse. Aankope ter waarde van R9 000 is gedoen. Die R4 900, wat nog beskikbaar is, sal oorbetaal word aan Stellenbosch Voedingsaksie, die organisasie wat die meeste behoeftige mense in Stellenbosch voed.
