Die Barmhartigheidsviering was ‘n heerlike saamkuier-geleentheid om aan al die medewerkers van barmhartigheid in ons gemeente dankie te sê. Ons het ook nuwe inspirasie gevind in mekaar se ervarings en vertellinge. Betta Augustyn, reeds 22 jaar Hoof Uitvoerende Beampte van Stellemploy, het vele suksesstories met ons gedeel.  Deur opleiding by Stellemploy word mense bemagtig en kry hul menswaardigheid.  Jamestown Sounds het die nodige kulturele vermaak verskaf en almal het gesmul aan ‘n heerlike koppie sop en koeksisters.  Baie dankie aan almal wat die aand bygewoon het. Kyk wie was almal daar!