Ons het verlede Sondag na die erediens en nagmaal die vure aangesteek en heerlik saamgekuier om die jaar saam te begin. Dankie aan almal wat die hitte trotseer het en saamgekuier het. Dankie ook aan Linda Koetsier vir die organisering van die slaaie en almal wat slaaie gebring het om te deel – dit was smullekker!