Dit is nou al tradisie vir ons gemeente om Bekertjiesondag teen die einde van die jaar te vier as deel van ons Kersprojek. Die bekertjies wat ingesamel word, word elke jaar aan kinders uitgedeel wat heel moontlik net hierdie bekertjie as Kersgeskenk die jaar sal ontvang.
Hoe kan jy meedoen? Koop ‘n koffiebeker, vul dit met lekkers, skyfies, sjokolade, koekies, ‘n pen/potlood/uitveër of ‘n klein speeldingetjie. Draai dit toe in mooi geskenkpapier/sit dit in ‘n geskenksakkie en bring dit na die kerkkantoor. Hoe meer bekertjies, hoe meer kinderharte kan ons bly maak!