Oud en jonk, fikses en onfikses, twee-beniges en vierpotiges – almal is welkom om in te skryf vir die jaarlikse Bergloop op Saterdag 7 September. Ons trek weg om 07:30 op die parkeerterrein en eindig in die vierkant waar jy jou muffin en koffie of sap kan afhaal. Kliek hier om die inskrywingsvorm af te laai.