Hoewel die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling eers einde November bekendgestel gaan word, is dit al van hierdie week af in boekwinkels beskikbaar om te koop. Die volgende Bybels is beskikbaar: die swart hardeband teen R129 en die bruin verwerkte leer uitgawe teen R329. Bestel en betaal by die kerkkantoor teen 13 November.