Ons is tans besig met ‘n projek om die nisse by die kerk se gedenkmuur te beveilig en te omhein. ’n Gemeentelid, Pieter Fick, is die projekleier. Die databasis van kontakbesonderhede van nis-eienaars en/of hul naasbestaandes moet ook opgegradeer word. Pieter vra dat alle eienaars van nisse of hulle naasbestaandes asseblief so spoedig moontlik vir hom sal kontak: tel 021 886 4428 / sel 082 903 8415 / faks 086 721 5787 / e-pos fickpd@gmail.com. Baie dankie vir almal se samewerking in hierdie verband. Om die voorstel te besigtig, kliek hier.