Die VBO (Voortgesette Bedienings Ontwikkeling van die NG Kerk SA) nooi jou uit om tydens Augustusmaand Coenie Burger se nuwe boek ‘Oop Deure – wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer’ saam te lees en te bespreek. Die besprekings gaan Woensdagaande (5, 12, 19 en 26 Augustus) van 19:30-20:30 via Zoom plaasvind. Coenie Burger gaan ook aan die gesprek deelneem.
Hier volg ‘n kort beskrywing van die boek:
Oop deure – wat Openbaring ons oor die kerk se lewe en roeping leer is veel meer as ‘n blote uitleg van die boek Openbaring. Dit is aktueel en toepaslik vir ons onseker tye van pandemies, toenemende konflik, morele verval en ekologiese rampe. Vanuit die beeldryke Openbaringboek bied dit ‘n verrassende, troosryke en hoopvolle blik op God Drie-enig, en God se toekoms waarin alles nuut gemaak word. Die boek open deure, nie net op God se toekoms nie, maar ook op geleenthede vir die kerk se missionale roeping vandag. Die fokus is veral ook op gemeentes wat in gehoorsaamheid meegeneem word in God se sending gerig op die herstel van ‘n gebroke wêreld.
Oop Deure kan aanlyn bestel word by www.clf.co.za of per e-pos by order@clf.co.za of telefonies by 021 873 6964. Dit is ook te koop by Van Schaik boekwinkel in Stellenbosch.
Registreer vir hierdie boekbespreking by: https://forms.gle/PYWJZNrqDjKzMPaw7
Registrasie sluit 3 Augustus.
Daar is geen koste vir die boekbespreking – u moet slegs die boek self bestel.