Ons groot bottelprojek het Woensdag ‘n hoogtepunt bereik met die vul van die bottels in die vierkant. 16 vullers het op ‘n veilige afstand uit mekaar ywerig die bottels gevul, instruksies aangeheg en verpak. Groot was die verrassing toe Valencia die inhoud van ‘n bottel gekook het. Almal was verras oor die heerlike, voedsame en geurige sop. Elk van die 350 gevulde bottels kan ten minste 6 mense voed. Dit beteken dat ten minste 2 100 honger mae gevul kan word uit ons bottelprojek!!
Baie dankie aan almal wat gehelp het met die vul van die bottels: Anette, Anneke, Annelie, Bets, Christelle, Hannalene, Herta, Hester, Laetitia, Leon, Marcia, Maria, Marianna, Marietjie, Monty, Retha, Wilna en Valencia. Baie dankie ook aan elke gemeentelid wat bygedra het om bestanddele te koop.
Die bottels sal versprei word deur die Voedingsaksie, ACVV, Stellemploy en aan behoeftige studente aan die US.