Toe almal Woensdag tydens die storm snoesig in hul huise gebly het, het dié brawe Geloofsgroeiers die koue, wind en reën trotseer en steeds die oggendbyeenkoms bygewoon. Die kerkkantoorpersoneel het hulle “beloon” met koffie, tee en koekies op die huis ná die tyd in die vierkant!