Vanjaar se Bybelnagte vind plaas op Woensdag 25 Oktober. Dit sal oudergewoonte om 18:00 begin met ‘n kaas & wyn in die vierkant waarna die sprekers om 19:00 aan die beurt kom. Die tema vanjaar, ‘n Gawe van God? Musiek van die Reformasie, beloof baie interessant te wees. Die paneeldeelnemers is Johan Cilliers, Isak Grové en Winand Grundling. Vrae wat gestel gaan word, is onder andere watter rol musiek in eredienste behoort te speel, watter rol musiek in die Reformasie gespeel het, hoe ons dink oor liedere as uitdrukkings van ons geloofsoortuigings en hoe ons sou kon dink oor die verband tussen die Bybel en musiek. Kliek hier om ‘n hoofstuk te lees ter agtergrondinligting.