By Bybelnagte het ons hierdie jaar ‘n baie aktuele tema bespreek naamlik, Oomblikke van Waarheid – waarheen is die NG Kerk in Suid-Afrika op pad?
Ons het gekyk na die dokumentêre film oor Johan Heyns, eertydse moderator van die NG Kerk wat apartheid baie sterk teengestaan het en in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet is. Sy kleinseun het die film gemaak en kom vertoon en ook vrae beantwoord. Luister gerus na Adam Heyns se herinnering aan die dag toe sy oupa vermoor is. Daar is ook ‘n klankgreep van die sprekers se openingsgesprek oor die tema, Oomblikke van waarheid vir die NG Kerk. Luister gerus ook na die vervaardiger van die film, Willem van den Heever, se opmerking, Jaap Durand se gedagtes en die slot opmerkings van die paneellede. Dankie aan almal wat hierdie aand moontlik gemaak het.