Ons nooi jou uit om ‘n gesprek oor treur, trauma en trane by te woon. Nadia Marais is die gespreksleier en die vier sprekers, dr Manitza Kotzé, dr Gideon Kotzé, ds Michelle Boonzaaier en ds Hanzline Davids, gaan hul insigte deel. Die geleentheid vind in die kerk plaas om 18:00 vir 18:30 en sal ook lewendig op ons YouTube-kanaal gestroom word. Vir al die inligting en agtergrond oor die sprekers, volg die skakel.