Die Leer- en Aktuele Sake-diensgroep gaan weer met gespreksgeleenthede oor leerstellige en aktuele sake in die gemeente voort. Die doel is dat gemeentelede daardeur beter toegerus word om as gelowiges aan samelewingsgesprekke kan deelneem en ook om ons geloofsoortuigings en kennis van die Bybel en die kerk beter te kan verwoord. Die tema vir die eerste kwartaal is: Bybelse perspektiewe op geregtigheid. Louis Jonker het die eerste gesprek oor Geregtigheid in die Ou Testament gelei op Sondag, 26 Januarie. Sy aanbieding is hier beskikbaar en die klankgreep kan ook afgelaai word.