Die Covid-19 pandemie het lidmate op verskeie vlakke geraak en almal ervaar een of ander vorm van emosionele verlies. Die uitgerekte grendeltyd, die onsekerheid oor die toekoms, verlies aan inkomste, groter wordende werkloosheid in gemeenskappe, skole se aanpassings met nuwe regulasies en nog baie meer, het bygedra tot mense se ervarings van spanning en verlies. Communitas nooi lidmate en predikante uit om na ‘n paneel van kundiges te kom luister.

Dit vind op 3 agtereenvolgende Donderdae aande om 19:00- 20:30 plaas en word gratis aangebied

Registreer gerus by: https://forms.gle/NSRr4zeH9VbQjFMBA