Die nuwe Bybelvertaling word in November vanjaar bekendgestel. Die Bybelgenootskap bied saam met Communitas ʼn dagkonferensie op 30 April aan wat handel oor dié Bybelvertaling – sprekers is meestal lede van die finale projekspan. Gemeentelede word uitgenooi om dié unieke geleentheid by te woon.
Kliek hier om die inskrywingsvorm af te laai.
KONFERENSIE OOR DIE 2020-VERTALING VAN DIE Bybel
COMMUNITAS 30 April 2020
TYD | SPREKER | ONDERWERP |
09:00 – 09:30 | REGISTRASIE | |
09:30 – 10:00 | Bernard Combrink | Aanleiding tot en proses van die vertaling |
10:00 – 10:40 | Christo van der Merwe | Wat maak die 2020-vertaling so anders as die bestaande vertaling? |
10:40 – 11:20 | Jackie Naudé | Hervertaling van die Bybel volgens komplekse denke: Die 2020-vertaling as voorbeeld |
11:20 – 11:30 | TEE/KOFFIE | TEE/KOFFIE |
11:30 – 12:10 | Herrie van Rooy | Bronteks vir die OT, verbind aan vrae oor tekskritiek |
12:10 – 12:50 | Jorrie Jordaan | Bronteks vir die NT en verse “wat weggelaat is” |
12:50 – 13:30 | ETE | ETE |
13:30 – 14:10 | Andries Breytenbach | Die 2020-vertaling – ‘n eerlike vertaling |
14:10 – 14:50 | Jan Barkhuizen | Klassifikasie van vertaalprobleme in die NT met illustrasies |
14:50 – 15:30 | Karen de Wet | Intravertaling en vondste in die vertaalproses |
15:30 – 15:40 | TEE/KOFFIE | TEE/KOFFIE |
15:40 – 16:20 | Heilna du Plooy | Aspekte van die vertaling van poësie in die Bybel |
16:20 – 17:00 | Ernst Kotzé | Interessante Afrikaanse taalkundige aspekte van die 2020-vertaling |