In Mei vier ons gemeente ons Dankbaarheidsmaand. Volg die skakel om die inligting oor ons gemeente se finansies af te laai. Ons sluit die maand af met ‘n Dankdiens om 09:30 en daarna ‘n gesellige saamkuier om die etenstafel op Sondag, 26 Mei. Die hele gemeente is genooi! Laat weet die kerkkantoor (021 886 5975 / skriba@stelwel.co.za) asb teen Woensdag, 22 Mei of jy gaan kom saamkuier. Die ete is gratis.