Ons het heerlik gekuier om die tafels op Sondag 31 Mei na afloop van ons Dankdiens. Dankie aan almal wat gehelp het met die voorbereiding van die kos, die vlytige skottelgoedwassers en afdrogers en natuurlik ons meelewende lidmaat wat die ete geborg het. Dankie ook aan elkeen wat kom saamkuier het – dit was voorwaar ‘n heerlike kuier met plek vir oud, jonk, groot en klein!
