Ons het heerlik gekuier om die tafels en die vuur op Sondag 25 Mei na afloop van ons Dankdiens. Dankie aan almal wat gehelp het – die vrygewige snoekdonateur, die bekwame snoekbraaiers, die sopkokers, slaaimakers, die sjokoladekoek-baksters, elkeen wat gehelp het met die regskuif van die tafels (voor en na die tyd) en natuurlik die vlytige skottelgoedwassers en afdrogers. En dankie aan elkeen wat kom saamkuier het – dit was voorwaar ‘n heerlike kuier met plek vir oud, jonk, groot en klein!