Ons het heerlik gekuier om die etenstafel op Sondag 26 Mei na afloop van ons Dankdiens. Dankie aan almal wat gehelp het – die braaiers, die sopkokers, slaaimakers, die poedingbaksters, elkeen wat gehelp het met die regskuif van die tafels (voor en na die tyd) en natuurlik die vlytige skottelgoedwassers en afdrogers. En dankie aan elkeen wat kom saamkuier het – dit was voorwaar ‘n heerlike langtafelkuier met plek vir oud, jonk, groot en klein!