Vir die volgende 6 weke wil ons graag hoor waarvoor is die Stelwel-familie dankbaar! Stuur asb. ‘n selfoon-video van jou/julle huishouding wat elkeen sê waarvoor hulle dankbaar is na die Stelwel Whatsapp-lyn (079 634 0915). Ons wil graag weer mekaar se mooi gesigte sien en ook saam vier waarvoor almal dankbaar is. Ons sien uit na die videos! Vir meer inligting of vrae kan Elzanne gekontak word (074 144 9226).

Om deel te word van die Stelwel-Whatsapp-groep om belangrike inligting te ontvang direk op jou selfoon, kan jy dié skakel volg.

Om elke Maandag tot Saterdag ’n kort audio weergawe (4-6 min) van die Geloofsverdieping-teks wat beskikbaar is op ons webwerf elke week te ontvang, kan jy op hierdie skakel kliek.

(Slegs admins kan boodskappe stuur op die Stelwel Whatsapp-groepe. Indien jy graag wil kontak maak, is jy welkom om ’n persoonlike boodskap stuur.)