Landswyd word organisasies wat afhanklik is van gemeentes se deuroffers nou geraak met ons tyd van inperking. Behalwe dat deuroffers broodnodige finansiële ondersteuning bied, is die bekendmaking van en voorbidding vir die betrokke saak of organisasie belangrik. Dit help ook om lidmate ’n bewussyn te gee van die wye verskeidenheid van sake waarmee en waar die kerk besig is.

Indien dit vir jou moontlik is om ‘n bydrae vir die betrokke instansies soos op ons Deurofferlys te gee, kan jy dit in die gemeente se rekening inbetaal en die instansie as verwysing gebruik. Ons kassier sal seker maak die nodige oorbetalings word gedoen. Jy is ook welkom om snapscan te gebruik – onthou om steeds die instansie as verwysing in te tik.

Ons gemeente se rekeningbesonderhede is as volg:

Stellenbosch-Welgelegen NG Kerk (Nedbank)

Reknr: 149 8046 320

Takkode: 149 821