Tydens hierdie jaar het ons probeer om daagliks meer bewus van God te leef. Ons weet dat hierdie bewussyn groei uit ‘n dieper, innerlike verhouding met God. Die weeklikse geloofsverdieping oordenkings het gekom uit Renovation of the heart – ‘n boek deur Dallas Willard. Ons het die verwerking van hierdie boek gebruik soos Jan Johnson dit vir ons opgebreek het in meer verteerbare stukkies in haar boek: Renovation of the heart in daily practice. ‘n Bewussyn van God, mekaar en die wêreld groei vanuit ‘n hart wat enkelvoudig op God gerig is. Ons harte moet verander – dit is waar geestelike vorming begin. Hiermee die laaste, daaglikse oordenkings uit Jan Johnson se boek.