Die vierde weeklikse geloofsverdiepingshulpmiddel van die jaar is hier beskikbaar om af te laai. Vir ses weke fokus ons met ‘n preekreeks spesifiek op wat dit beteken om ‘n dissipel van Jesus te wees. Jy is genooi om op hierdie pad saam te stap deur die preke te volg en dan ook die weeklikse dagstukke, elke dag op jou eie of saam met jou gesin, te oordink. Gebruik dit ook dalk in ‘n kleingroep en nooi iemand om die pad saam met jou te stap. Dissipels van Jesus loop langs mekaar, langs Jesus.