Die wonderlike bedrag van R150 573 is met ons Lentefees ingesamel! Baie dankie aan al die konvenors en hul helpers wat so hard gewerk het en dankie aan elkeen wat kom saam Lentefees hou het en al die tafels ondersteun het, asook ál die vooraf inbetalings en skenkings! Dankie ook aan almal wat hul vriende, familie, kinders, kleinkinders, bure en kollegas genooi het om saam te kom kuier. Dit was feestelik en báie lekker!!