Sondag, 29 Januarie 2017, se deurkollekte gaan aan ons gemeente se Drakenstein Gevangenisuitreik. Dié bediening bereik gevangenes met geestelike boeke, verjaardag- en Kerskaartjies en korrespondensie. Ons gemeente borg dié wat die Christian Life Training (CLT) kursus volg en help met klere voorsien en werk soek met vrylating. Ons gemeenteverteenwoordiger is Cecile van der Westhuysen. Kliek hier om haar skrywe oor hierdie bediening te lees.