Na aanleiding van die nuwe regulasies rondom kerkdienste en byeenkomste, het die kerkraad op 3 Junie besluit dat daar vir die nabye toekoms steeds geen eredienste en byeenkomste by die kerksentrum sal plaasvind nie. Eredienste word egter steeds op die gemeente se YouTube kanaal uitgesaai. Maak ook seker jy is deel van die Stelwel-whatsapp-groep vir al die nuutste inligting. Stuur jou naam en van per whatsapp na 079 634 0915. Van hier af sal ons belangrike inligting deurstuur soos die direkte skakel na ons eredienste.

Die kerkkantoor sal wel weer oop wees – alle protokolle is in plek! Die kantoorpersoneel is Dinsdae, Woensdae en Donderdae vanaf 09:00 tot 12:00 by die kerkkantoor en help graag met navrae, inbetalings en barmhartigheids insamelings en behoeftes. Die leraars is ook op hierdie tye by die kerksentrum beskikbaar vir gesprek en hulp. Vir die res van die normale kantoorure, is ons beskikbaar per e-pos en by 021 886 5975.

Vir elkeen se veiligheid, vra ons dat elkeen te alle tye tydens kerkkantoorbesoeke:

  • ‘n masker sal dra,
  • die fisiese distansiëringsreëls sal nakom en
  • die handsaniteerder sal gebruik soos voorsien by die ingang.

Die kantoor, vierkant en badkamers sal elke middag gesaniteer word. Die tafels in die vierkant is so gespasieer dat ons ’n veilige afstand van mekaar kan handhaaf. Indien daar baie besoekers op ‘n slag is wat aandag van die personeel verg, sit asb alleen by ’n tafel totdat iemand jou navraag kan hanteer. Moet asb nie direk na die kantoor toe gaan nie. Baie dankie vir almal se samewerking!