Dit was omtrent ’n gewoel van vroeg die oggend om alles gereed te kry vir ons Roosterkoekfees verlede Vrydag. Die spanwerk was soos gewoonlik uitsonderlik! Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het! Van die vuurstokers en deegrollers, tot die flukse verkopers, skeppers, braaiers en vooraf baasbaksters! Julle bly maar ‘n wenspan!
Ons maak beslis volgende jaar weer so op ’n Vrydag en sal sorg vir nóg meer ekstra roosterkoeke sodat ons ál die instap-kliënte kan akkommodeer!
Die inkomste sover staan op R28 000 met nog heelwat uitstaande bedrae!