Ons het verlede Sondag na afloop van die erediens die preekreeks oor dissipelskap afgesluit met ‘n heerlike viering van langs-mekaar-loop. Ons het wors gebraai en roosterkoeke gemaak – ‘n hele 180! Party van ons het lekker onder die bome saamgekuier en ander het die deurry-opsie verkies en net hul ete kom afhaal.’n Skenking van die pragtigste sonneblomme wat ons kon uitdeel, het almal ekstra spesiaal laat voel. Baie dankie aan die Henke-gesin vir dié skenking! Dankie ook aan almal wat gehelp het met die braai van die wors, die draai van die roosterkoeke en al die voorbereidings vooraf!