Bestanddele:
30 ml gesmelte botter
125 ml melk
5 ml vanieljegeursel
60 ml gekapte pekanneute
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
180 ml witsuiker
30 ml kakao
60 ml bruinsuiker
500 ml warm water
Metode:
Stel die oond op 180°C. Spuit ‘n diep, oondvaste glasbak met kleefwerende kossproei. Meng die botter, melk, vanieljegeursel en neute. Sif die koekmeel, bakpoeier, witsuiker en kakao oor die mengsel en meng alles goed saam. Skep die mengsel in die glasbak, sprinkel die bruinsuiker oor en giet die water oor. Bak vir so 25 minute. Geniet warm met vla of roomys of albei!