Op 3 November 2024 herdenk die NG Kerk en die Hervormde Kerk twee eeue van selfstandige kerkwees in Afrika, onafhanklik van ’n moederkerk in Nederland. Met die 200-jarige herdenking van die eerste sinodale vergadering wat in Suider-Afrika plaasgevind het, gaan dit nie net oor die verlede nie, maar ook oor ons roeping in die hede en die hoop waarmee ons die toekoms tegemoetgaan.
