Aanskou die mens

Loading Gebeurtenisse
Aanskou die mens 
Orrel-improvisasie en voordrag deur Winand Grundling en Johann Nel
Plek: NG Kerk Stellenbosch-Welgelegen
Datum en tyd:  Sondag 19 Mei om 18:00
Kaartjies: R150 by Quicket en by die deur: https://qkt.io/Aanskou19Mei
Vervaardig deur Erns Grundling

 

Winand Grundling, bekroonde orrelis en wenner van drie Kanna-pryse, improviseer op die orrel aan die hand van groot nuusgebeure in die geskiedenis, waaronder die Hindenburg-lugramp, die atoombomaanval op Hirosjima, die maanlanding, die eerste hartoorplanting, die dood van prinses Diana, die gebeure van 9/11, die Covid-19-pandemie en die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2023. Die geliefde akteur en stemkunstenaar Johann Nel dra die destydse brekende nuus van die spesifieke gebeurtenis voor en verskaf interessante en relevante inligting, terwyl bekende en verrassende temas op die orrel geïmproviseer word. Dié kombinasie sorg vir ’n intense en emosionele musiekreis deur ons onlangse geskiedenis wat ook die orrel se relevantheid as ’n “kommentator” op groot nuusgebeure beklemtoon. ’n Wye reeks van musiek word ingesluit – van klassiek tot kontemporêr. Die teks is geskryf deur die skrywer, joernalis en TV-aanbieder Erns Grundling, wat ook die produksie vervaardig. “Aanskou die mens” het in Maart vanjaar gedebuteer by die KKNK.

 

Deel asseblief hierdie op jou sosiale netwerke!

Go to Top