Alle senior lidmate word uitgenooi na die Sonderbriekers se uitstappie na die Rupert Kunsmuseum op Donderdag, 19 Mei. Ons kom almal om 09:30 by die kerk se parkeerterrein bymekaar vanwaar ons saam vertrek na die musseum vir ‘n begeleide toer wat om 10:00 sal begin. Skakel asb die kerkkantoor (021 886 5975) om jou plek te bespreek. Daar is geen koste aan verbonde nie.