Bestellings vir die Stuk-Stuk-Lentefees se worsrolverkope sluit 13:00! Jy het ‘n keuse tussen ‘n Boereworsrol met Tamatiesmoor (R30 elk) en ’n Gourmét Kaasworsrol met gherkins, ‘n spesiale sousie en gemarineerde uie (R30 elk). Dit is alles op vooraf bestelling, so skakel die kerkkantoor by 021 886 5975 teen 13:00 en laat weet ons hoeveel worsrolle ons vir jou kan reserveer!
Dit kan Vrydag tussen 11:00 en 12:30 in die vierkant afgehaal word.
