Ons gaan weer heerlik saamkuier by Piet en Liezl Smal se Blue Creek Wines (op die Blaauwklippenpad) met sop vir voorgereg, burger & tjips vir hoofgereg en ’n warm nagereg – alles vir slegs R70 per persoon! Omkring dus solank Sondag 28 Mei 2017 in jou dagboek en op jou kerkalmanak. Kaartjies is te koop by die kerkkantoor tot Vrydag 19 Mei. Kliek hier vir meer inligting.