Paasfees is ons belangrikste fees in ons Christelike kalender. Ons vier met Paasfees hoe lief God vir ons is
en dat dit só baie is dat God dit vir ons gewys het in wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. Ons vier ook met Paasfees dat ons God so sterk is, dat selfs die dood Hom nie kon vashou nie!

Om huisgesinne voor te berei vir Paasfees en om Paasfees saam by die huis te vier, is hier ‘n hulpmiddel om af te laai wat by Huisgodsdiens gedoen kan word. So kan die hele Paas-verhaal gebou word tot by Paassondag!