By die kinderkamp laas naweek het ons sjokolade geproe, ons het ‘n talentkompetisie gehou en ons het gespeel en gelag en gesing. Dit was lekker van begin tot einde – van die lekker Bybellesse oor my identiteit in Christus tot die paling wat ons uit die rivier verjaag het! Dit was werklik die heeltyd speeltyd! Dankie vir almal wat hand bygesit het en gehelp het om hierdie kamp weereens onvergeetlik te maak.