Ons het op Sondag 22 Februarie ná die erediens die vure aangesteek en heerlik saamgekuier in die skaduwee van ons groot ou kurkboom. Dankie aan Coenie van Vuuren wat gesorg het dat die vure betyds aan die gang gekom het en dat daar genoeg kole was. Dankie ook aan almal wat slaaie gebring het om te deel – daar was omtrent ‘n feestelike verskeidenheid! En BAIE DANKIE aan Linda Koetsier vir die heerlike melkterte wat sy gebak het!
