Ons het op Sondag 23 Februarie ná die erediens en nagmaal die vure aangesteek en heerlik saamgekuier in die skaduwee van ons groot ou kurkboom. Dit was ‘n pragtige dag – nie te warm nie en met ‘n lekker koel briesie om die braaiers koel te hou. Dankie aan almal wat saamgekuier het en ook slaaie gebring het om te deel.